Nicolene Filmalter - Inleiding, Wetenskappe, & Die Oernkal - Skepping Deur God [1]

22 days ago
4

Lesing 1 in die reeks "Skepping Deur God, of Evolusie.. Uit Niks?"
"Hierdie reeks gee ‘n praktiese, verfrissende en insiggewende kykie in die evolusie-skepping-debat en sal stof tot nadenke bied aan selfs die ywerigste ondersteuner van die filogenetiese benadering tot oorspronge. Ten spyte van die amper bomenslike pogings uit die evolusionistiese kamp om hul konsep by die wêreld deur elke beskikbare media ingang te laat vind, slaag Nicolene daarin om die kwessies uit te lig wat hierdie debat steeds meer relevant in ons tyd maak. Oorsprongeduer ontwerp kan en sal nie ter ruste gelê word nie, aangesien die bewyse vir ontwerp só oortuigend is dat selfs geharde ateïste dit moet erken - al sal hulle nooit “n goddelike voet in die deur’ toelaat nie. Vervleg met humor, stel Nicolene die feite van die molekulêre tot die organismiese vlak op ‘n eenvoudige dog insiggewende manier sodat jonk en oud daarby kan baat. Ek hoop dat die leser die bewyse met ‘n oop gemeod sal oorweeg en versoek elkeen om die vooroordeel wat die moderne samelewing en die wetenskaplike gemeenskap op die menslige psige ingeprent het, opsy te sit sodat die feite self kan getuig." – Prof Walter Veith

Loading comments...