Babagesig Petzer en die Dronkgat-Einders tydens die Slag van Groblersdal.

1 year ago

Babagesig Petzer en die Dronkgat-Einders tydens die Slag van Groblersdal.

Geagte Lede, kom ons werk nou deur hierdie helde met hul vierkleur vlaggies, wie nogsteeds wag dat De La Rey hulle moet kom lei.
Eerstens, in die video van die honde-aanval, kan baie duidelik gesien word dat niemand se lewe OP DAARDIE STADIUM in gevaar was toe daardie hond losgelaat was nie.
Nou, Piet Groenewald is welbekend dat hy alreeds 13 Jaar in die tronk was vir moord op twee persone en dit was sekerlik swartes, so hy het maar n haat in hom wat beslis teen hom gaan tel.
Nou…..
Alles gaan dus nou oor `n gewese moordenaar, wat soos U uit die insetsels sien, met geweld deur hierdie klomp snotkoppe uit die selle gehaal sou word en daar word `n Dronk-Einder gearresteer en almal huil. Maar, alles was volgens die Wet en ons werk deur alles met die bewyse.
Wat aanleiding gegee het tot alles, wat hier gebeur het, was dat Generaal Scheepers die roete verander het en hy se dit ook baie hard en duidelik dat hy dit gedoen het op Inligting. Luister mooi na die insetsels hoe arrogant die klein bliksems was op hulle lives, so die Generaal het absoluut reg opgetree en hulle was ook baie hard en duidelik in kennis gestel en op die toneel EN GEWAARSKU.
Die eerste probleme het gekom toe Willem Petzer gedink het hy is Gods Gift to Mankind en teen die Generaal se OPDRAG opgestaan en weggeloop het en ook baie duidelik gewaarsku word en dit was natuurlik `n vonk tot wat later gebeur het.
Luister nou mooi hoe arrogant die klomp niksnuts op videos was en van die byeenkoms gesê was so die Generaal het `n absolute regte besluit gemaak om hulle weg te hou by die Hof.
Nou kom Willem Petzer en lê hierdie verskriklike wrede arrestasie uit en U kan self sien wat daar gebeur het. Luister mooi wat die person se, wat die video geneem het hoe Francois deurgebreek het, die Polisie teenstaan en soos `n dronk vark skree en homself dan verset teen arrestasie.
Die Polisie tree dan absoluut volgens die Wet op om die nodige geweld te gebruik, om hom onder bedwang te bring en te arresteer.
Nou kom Tefie Wessels en hoor hoe onskuldig was almal nou. Wat egter skokkend is, dat hier erken word dat ongeveer 10 mense klagtes teen die Polisie gelê het slegs met `n doel van as die Polisie hul saak teen Francois terugtrek sal die 10 Boere ook hul sake terugtrek. Ek hoop die Polisie kla almal aan wat hier soos deur Tefie uitgelê is vir Regsverydeling. Waar op Aarde het jy nou al van so iets gehoor.
Nou Willem Petzer, ons kyk na die Fotos in die video wat deur jou geplaas was waar daar nou kwansuis verskeie kere op Francois se kop getrap was. Kyk mooi na die Fotos, want dit is sy bene wat vasgetrap word waarmee niks verkeerd is nie, aangesien hy soos `n dronk vark te kere gegaan het en daar kan baie duidelik gesien word dat daar geen TRAPWERK of SKOPPE teen of naby sy KOP was, soos wat jy soos gewoonlik nou weer lieg nie.
Ten laaste moet ook onthou word dat Francois blykbaar ook nog `n aanranding saak teen hom het, waar hy in sy dronkenskap iemand met `n glas aangerand het en dit se klaar baie.
Hou die kommentaar op hierdie pos dop, aangesien hier nog baie bewyse geplaas gaan word soos wat inligting deurkom.

Loading comments...