0.5_Die Boek Openbaring - Die Seun van God, die sewe kandelaars en die sewe sterre.

1 year ago
10

Video 05_Die Seun van God, die sewe kandelaars en die sewe sterre.

Jesus verskyn aan Johannes op Patmos. Bevel om op te skrywe wat hy sien, en dit te stuur aan die sewe gemeentes.
[9] EK, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
[10] Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin,
[11] wat sê: Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
[12] Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
[13] en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.
[14] Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam,
[15] en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
[16] En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
[17] En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
[18] en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
[19] Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur;
[20] die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

https://www.youtube.com/c/RaymondLombardMinistries

Loading comments...