Orania Groei en is Bykans Misdaad Vry - Die Minderheid se Uitkoms Uit die Wettelose & Onbevoegde SA?

3 years ago
201

Die meerderheid van die minderheidsgroep in Suid Afrika is moedeloos, onseker en vrees die toekoms. Sonnige Suid Afrika word gekenmerk deur algemene onbevoegdheid en wetteloosheid. Die blatante korrupsie laat ‘n bitter smaak in die landsburgers se monde.
Elders in Suid Afrika leef ‘n gemeenskap in ‘n bykans misdaad vrye omgewing waar inwoners spog dat hulle vir hulself werk en sorg. ‘n Dorp wat die verbeelding van, nie net Suid Afrika nie, maar ook die wêreld, aangryp. Die gemeenskap se konserwatiewe manier van leef word verwar met ‘n wan-persepsie dat hulle verkramp en outyds is. Wanneer jy met Uitvoerende Beampte, Joost Strydom gesels, skets hy ‘n ander prentjie. Die inwoners trots op hulle kultuur en vooruitstrewend in hulle denke.
Gestig in 1991, is Orania geleë langs die Oranje rivier, halfpad tussen Pretoria en Kaapstad en toon ‘n groei van 10% per jaar. Tans is daar sowat 2000 inwoners. Elkeen van die inwoners werk saam om Orania se visie te bewerkstellig, om die vryheid van Afrikaners te herstel. Eie arbeid op eie grond, eie instellings en om self verantwoordelikheid te neem. Selfbeskikking en self onderhouding, hier word nie van die regering verwag om dinge te doen nie.
Orania is die produk van ‘n wel beplande idee van die Orania beweging, wat al vanuit die laat 1960’s, vroeg 1970’s kom. Toe reeds het SABRA, ‘n akademiese navorsing groep, intens gekyk na migrasie patrone in Suid Afrika, die ekonomie, politiek, grond kwessies en dies meer. Natuurlik het Suid Afrikaners die politieke mag in die land gehad en nie juis geluister na die groep aktuele se navorsing nie. Die beweging was vasbeslote in hulle oortuiging dat die enigste manier waarop die Afrikaner kan oorleef is om na sy eie “tuisland” te trek, sy eie werk te skep en nie oor die hele land en verskillende volke van die land te probeer heers nie. ‘n Paar kultuur groepe was betrokke by die idee, beplanning en stigting van Orania.
In 1991 is die grondgebied gekoop en behoort aan verskillende eienaars verenigings. Grondbesit in Orania word op verskillende, maar gesonde reeks stelsels ge-fasiliteer. Dit is juis hierdie diversiteit wat dit voordelig maak dat jy kan kies waar jy wil inkoop en die eienaars vereniging verteenwoordig die inwoners op direkte vlak. Orania bied ‘n goeie mark vir koop en huur. Die mark is tans baie behoeftig en is dit dus ‘n goeie beleggings geleentheid. Orania kan 10 000 mense huisves, maar die infrastruktuur moet daarby aangepas word om dit te ontwikkel. Die dorp benodig ook studente behuising. Orania is ook besig om ‘n tersiêre opleiding te fasiliteer in terme van ‘n tegniese opleidingsentrum.

“In 2019 was daar ses studente en in 2020 vyftig.” -Joost Strydom-

Toerisme is een van die drie hoof sektore in Orania. Vir die toeris is Orania die ideale plek om te besoek en het die dorp al besoekers, joernaliste en ambassades van Amerika, Duitsland, Spanje, Indonesië en selfs Japan ontvang. Die dorp kan ten minste ‘n derde van sy huidige bevolking in toerisme fasiliteer. Besoekers van alle lande en volke is welkom om Orania te besoek.
Daar heers ‘n persepsie dat Orania, as Afrikaner dorp, rassisties is en afgeleef woon. In sommige kringe word Amish en sekte gebruik. Niks kan verder van die waarheid wees nie. Orania gun elkeen ‘n plekkie in die son.

“Orania staan nie teen iets nie, inteendeel, Orania staan vir iets, vir Afrikaner, vir Afrikaans en geloof.”-Joost Strydom-

Net soos daar ander kultuur gemeenskappe is, is Orania ook ‘n vereniging, ‘n kultuur en ‘n doel dorp. Enige Christelike Afrikaner is welkom om in Orania te woon.

“Orania is nie op rassisme gebaseer nie, maar eerder op Afrikanerskap.” -Joost Strydom-

Lees verder: https://nuus.net/video-orania-groei-nog-en-is-bykans-misdaad-vry-is-dit-die-minderheid-se-uitkoms-uit-die-wettelose-onbevoegde-sa/

Vir SAUK Nuus
Annette Havenga

Loading comments...